Home » Troepie: Van Blougat Tot Bosoupa by Cameron Blake
Troepie: Van Blougat Tot Bosoupa Cameron Blake

Troepie: Van Blougat Tot Bosoupa

Cameron Blake

Published December 1st 2010
ISBN : 9781770221918
ebook
328 pages
Enter the sum

 About the Book 

Vir meer as n halfmiljoen wit Suid-Afrikaanse mans wat voor 1994 opgeroep is, was Nasionale Diensplig n verpligte, veeleisende en intense ervaring wat n kragtige uitwerking op hulle lewe gehad het. Hierdie boek is n versameling vertellings waarinMoreVir meer as n halfmiljoen wit Suid-Afrikaanse mans wat voor 1994 opgeroep is, was Nasionale Diensplig n verpligte, veeleisende en intense ervaring wat n kragtige uitwerking op hulle lewe gehad het. Hierdie boek is n versameling vertellings waarin meer as veertig voormalige dienspligtiges hulle herinneringe aan hulle dienstydperk in die Suid-Afrikaanse Weermag met ons deel. Die hoofstukke lei jou deur die fases wat die loopbaan van n Nasionale Dienspligtige gevorm het: oproepinstruksies, inklaar, Basies, keuring, bosfase, tweedefaseopleiding, algemene diens, die Grens, Angola, die townships, uitklaar en kampe. Met die klem op die humor sowel as die swaarkry, verskaf hierdie vertellings n verskeidenheid perspektiewe op inspeksies, dril, wagdiens, Grenspatrollies, kontak, en die alledaagse lewe in die SAW. Ook ingesluit is amptelike dokumente soos oproepinstruksies, uittreksels uit die Basiese Opleiding-handleiding, en n uitklaarsertifikaat. Bylaes verskaf meer inligting oor die geskiedenis van Nasionale Diensplig en plaas die Grensoorlog en ander kwessies binne konteks. Troepie: van blougat tot bosoupa moet gelees word deur enigiemand wat Nasionale Diensplig gedoen het, of iemand ken wat dit gedoen het. Dit is n insiggewende en fassinerende verslag van wat dienspligtiges in werklikheid ervaar het.